Afgesonder vir diens…

Dit is Maandagoggend half tien. Ek is veronderstel om die siekes te besoek. Daarna hard te werk aan more se Bybelstudie oor Romeine 9- dat die gemeente kan verstaan waarom het die Here Jakob liefgehad, maar Esau gehaat. My selfoon is veronderstel om aan te wees, ek moet al die navrae hanteer oor die onduidelikhede in gister se preek. die klagtes oor die musiek te hard was, of te sag was, te vinnig was of te stadig was…  Intussen loop daar erens op die vlaktes beeste rond wat eintlik by die kerkbasaar hoort- Steaks vir Jesus! Daar is nog duisend wat wag vir huisbesoek, dat hulle die Here kan vind en dien…  deur die koeksistertjie vir Dominee te gee, keurig aangebied op die Royal Doulton bordjie met ouma se goue vurkie…

Dit is Maandagoggend vyf en twintig voor tien. Ek is die sieke. My vrou het my selfoon afgeneem. Die dokter het my drie weke lank afgeboek. Ek mag nie eers kar bestuur nie.   Ek sit net hier. Drie weke is darem maar hel lank! EK mis my selfoon!

Dis Maandagoggend twintig voor tien. Die foon lui nie. Beethoven se Klavierkonsert no 1 in C Majeur, opus 15, Largo speel kliphard in my studeerkamer. Agter die helder note van die klavier klink die mooiste klarinet en viole in die agtergrond.

‘n Stille Teenwoordigheid het saam met my in die studeerkamer ingekom. Vrede. Rus.

Ek moet niks doen nie. EK mag maar net… wees.

En dit is goed genoeg…

 

 

16 thoughts on “Afgesonder vir diens…

  1. Of course it is. But I really don’t understand what’s going on with you, Vosper: even if you had haemorrhoids treated as well, I wouldn’t expect you to feel so lousy. You sure they didn’t remove your funny bone, too …? 😉
    (snaakse been ?)

    • No, I am actually feeling quite good! It is just this hernia repair that takes time to heal, so no driving or lifting of heavy stuff… It does give me a forced time of quiet and some spiritual growth, getting the basics right in my life again… I will have time to plan to get quite fit again after this, to eat right, not to work too many hours, to make enough time for my loved ones. So it is a good time laying ahead!

  2. Hmm, slim vrou! Sy het jou afgesonder vir diens aan jouself. En dit is goed, want dis belangrik om die self sterk te hou. Geniet dit en word gou gesond.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s